
=====================================================================
Die Groter Begrafnis (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die Groter Begrafnis

Toneel 1

SATERDAGOGGEND. Maitland krematorium. Huldigingsdiens vir die gevierde Afrikaanse aktrise Babs Laker   -- sy, die laaste wat al die groot 
rolle vertolk het -- sy wat die land se uithoeke met haar stem bereik het ...

Agter die verwaarloosde kerkhofmuur waai die plastieksakke skuiwend oor die gebarste teer. Begrafnisgangers groet mekaar of hul mekaar 
nooit weer sal sien nie. Hemel, kyk hoe maer is daardie beroemde akteur! Wanneer laas was hy op die verhoog? Het hy nie -- ja tog -- die 
Andr Huisgenoot-tipe gespeel in Mirakel, Reza de Wet se profetiese visie van die ondergang van die Afrikaanse toneel nie? Hoeveel mense 
het daarna kom kyk? Gits, as ek reg onthou was die bywoning in die piepklein teater aan die sykant van die Nico so 18 persent.

Was dit nie toe ek die relletjie met die grootste Afrikaanse koerant in die land, nee, stad, gehad het oor sy manjifieke betrokkenheid by 
die sistematiese aftakeling van belangstelling in die Afrikaanse toneel nie? Ja, gedorie. Dieselfde dagblad het selfvoldaan aangekondig dat 
Kruik se drama-afdeling verdwyn, sonder 'n kik. En daar was geen besef nie: daar gaan dit! Sommer so. Vir goed.

Ons drentel in ons onderskeie windrigtings. Haar kis vaar die vlamme in. Tot onvervangbare as --

Toneel 2

Saterdagoggend. 'n Week vantevore. 'n Konferensietafel, heel gepas in 'n volstruiseiervorm. In 'n Oudtshoornse motel. 'n Engelsman, 'n 
bruin aktivis, 'n digter in 'n Mao-baadjie en 'n Afrikaanssprekende Katolieke priester lei die gesprek. Oudtshoorn wil 'n Afrikaanse 
universiteit begin. Nee hul wil hom h, want hul het hom nodig. Seker maar elkeen met sy eie agenda. Veel gepraat ook oor die belang van 
die kunste binne die raamwerk van 'n kunstefees --

Daar raps die Katoliek ons toe oor die kneukels: "Julle is so vol skuld, en jammer om te s, julle Boere is ook 'n spul Hendsoppers."

Nekke trek dik, bekke blaas op.

Toneel 3

Volgende Sondagoggend onder 'n oorgroeide prieel in die agterplaas van 'n weldoener/versorger/vriend se verblyf op die platteland. Tee 
tussen die vallende herfsblare saam met een van die toneel se grootste regisseurs/akteurs. Sterwend. Pennieloos. Kon vier jaar laas werk en 
die Teater-bystandsfonds is byna op sy knie.

Tog is die belangstelling in elke aspek van die toneel nog brandend. Tussen die moeitevolle asemteue deur wil hy weet, nog steeds weet van 
die nuwe talent waarvan hy lees, en hoe gaan dit met so-en-so se teks. Tussendeur bevrug die mentor nog steeds sy student met die aangee 
van idee-fakkels soos dit hoort in hierdie bedryf.

Ek verlaat die deprimerende omstandighede verkwik, gevoed en woedend. Want iewers rens glip ng 'n Mercedes onder die een of ander 
staatsondersteunde teaterbestuurder se gat in.

Toneel 4

Ses maande gelede. Terug na 'n werksbesoek van drie maande in Belgi. Terug na die barre aarde. Verdwaas oor wat met goeie geld en begrip 
moontlik is.

Gaan kyk tesinnnig studentetoneel by 'n Engelse universiteit. Opwindend nuut. Verbysterende skryftalent. Uitstekende regie. Pragpsel. Waar 
is al di talent oor 'n paar jaar? wonder ek terwyl ek my bekommer oor die volgende salaristjek wat eers oor drie maande kom.

Grafrede

So staan sake nou vir die eens toonaangewende Afrikaanse toneel wat kon roem op grootse talent, opwindende geselskappe, 
brandpuntproduksies: van grootse internasionale klassieke tot plaaslike gatskop-alternatiewe. 'n Reeks eenmanstukke by feeste. 
Museumrariteite wat vertoon word as 'n herrinnering aan vervlo dae. Kuriokultuur. Elmboogaanraak met die oorblyfsels van ons gloriedae wat 
nog net 'n bestaan maak omdat hulle sexy of oud genoeg is vir Egoli. Waar sal ons hulp vandaan kom? Wat sal ons red van die verterende 
vuur?

Afsluiting: Vlaamse gesprek

Minister Jeff Falckeniers   is bereid om op 'n grys Europese Sondagoggend 'n paar uur aan my af te staan. Ek gaan bedel Vlaamse bystand vir 
'n nuwe dramapoging van die span Breytenbach/Basson post Boklied waarvoor ons geen steun by sakelui in Suid Afrika (die nuwe borge van 
kultuur) kan werf nie. Hy leer my 'n paar belangrike dinge: -- Politici staan in diens van die deel van die bevolking wat hul veronderstel 
is om te verteenwoordig. Gits, dis mos daarom dat die Vlaamse minister van kultuur my hand kom skud en verneem het na ons welsyn in die bus 
wat sy departement aan die Breughel Gemeenskapsgroep van Stellenbosch verskaf het.   Om nie te praat van die heerlike gesprek oor 
Dekonstruksie, Post-Dekonstruksie ens. ens. wat ek met hom kon voer nie. En ek dink: Wie is ns Minister van Kultuur? -- Hy s: "Moenie 
eens begin praat oor iets voordat julle nie 'n Afrikaanse televisiesender aan die gang gekry het nie. Alles sal daarna outomaties in plek 
val." Was so met die eens verdrukte Vlaminge.

Vandag kyk die Wale na hulle tone terwyl die Vlaminge in 'n land wat maklik in Kaapstad en omstreke pas, die mees toonaangewende toneel, 
dans en opera in Europa bied. En hul koerante kompeteer oor wie se spesiale bylae die opwindendste aankondiging doen van die nuwe Tom 
Lanoye/Luc Perceval seisoen van verwerkings van Shakespeare se historiese dramas. Dis 'n marathon van uitsonderlike toneel wat agtien 
maande repeteer, dertien uur speel en maande vooruit uitverkoop is. Gent, 'n stad met 225 000 inwoners, onderhou sewe teaters, van 
tradisioneel tot ekstreem eksperimenteel. Die Opera van Vlaandere is s suksesvol dat elke opera na sewe stede se markpleine regstreeks 
gebeeldsend word gratis/verniet vir die ongelukkiges wat nie kaartjies kon kry nie. Genugtig! -- Sien Afrikaans as 'n internasionale 
kommunikasiemiddel en maak kontak met Nederland en Belgi. Di twee het baie vir ons te s. En bel. -- Dn dinge en moenie daaroor praat 
nie. Ons praat dinge dood. En beplan om hemelswil vir die lang termyn.

Afrikaans is onlosmaakbaar deel van die Suid-Afrikaanse landskap. Daarom, ten spyte van die feit dat 'n jong akteur min hoop op 'n toekoms 
in toneel het, groei die getal studente van die deelkursus vir Afrikaanse Drama by die Universiteit van Kaapstad. Dit gebeur ondanks die 
feit dat studente nie aangemoedig word nie en dat die kursus binnekort kan verdwyn. Die studente is swart en bruin Afrikaanssprekendes. En 
hul skep. Verwoed, en ongelukkig miskien verniet.

Wat ons benoude oues te doen staan is om weer eens 'n raamwerk te skep waarin die opwindende, skuldlose jeug hul kreatiwiteit kan uitleef. 
Maak van di lewendige talent 'n lewende nalatenskap -- of is daar maar net die vlamme van vergetelheid? Marthinus Basson   is 'n bekende 
drama- en operaregisseur, wat al meermale bekroon is en groot lof ingeoes het vir sy opvoering van Ek, Anna van Wyk   van Pieter Fourie 
vanjaar op Oudtshoorn.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6211.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

